Louis Brittz все тексты (слова) песен, переводы, видео, клипы
- As Hy Weer Kom
Ek's vasgevang in die vyf akkoorde wat jy my hoor speel
Het so min nuwe wysies om met my volk te deel
My stem kan kwalik verder rek as 'n E-mol of 'n F
En dat ek geen Pavarotti is het ek jare terug besef
Dis 'n kort referein
Want Louis is klein
Maar eendag gaan my note sweef en my woorde gaan van wat ons leef
Ek gaan mooier klink as my wildste wens
- Psalm 1
So gelukkig is die man
Wat teen die raad van die bose staan
En nie saam met sondaars sit nie
En van spotters ver weg bly
Maar gelukkig is die man
Wat op die woord van die Here staan
Sy vreugde daarin vind
En dit dag en nag oordink
- Psalm 19
Die hemele getuig van die werk van God
Die uitspansel maak die werk van sy hande bekend
Die een dag gee die berrig deur aan die ander
Die een dag deel die kennis aan die volgende mee
Die woorde van die Here is volmaak dit gee lewe
Die bevele van die Here lei tot insig
Die eise van die Here vir Sy diens staan vir ewig
Die bepalings van die Here is volmaak