- Daar Staan 'N Kruis
Daar staan 'n kruis waar Jesus ly
Om ons van sonde te bevry
Die spykers knars deur been en bloed
Deur elke pols en elke voet
U kleed, die kruis, die spot, die hoon
Die wonde en die doringkroon
Dit het my Heer vir my gedra
Jesus die Lam op Golgota
- Deur U Bloed
Deur U bloed is ek gekoop
Uit die heerskappy van sonde en dood
Deur U bloed is daar hoop
Want dit sluit die Hemel vir my oop
En dit maak my witter as wol, wit soos sneeu
Heer Jesus (Heer Jesus)
Deur U is ek gekoop
Deur U bloed is daar lewe vir my
- Die Vuur
As mens tuinmaak moet jy skoffel, nie nou en dan maar elke dag
Dis harde werk en jy moet deurdruk, die vrug is ‘n weelderige blomme prag
Daar lê die onkruid op ‘n bondel, die tuin is skoon en die paadjies reg
Ek steek die vuildgoed aan die brand, die vuur gaan dit verteer dis weg
O kon ek maar met my hart so maak
Geen onkruid nie net ‘n mooi gewas
Maar oe ek ruk en pluk en skoffel
Die wortels sit so diep en vas
- Ek Leef
Met die slaap nog in my oë en die drome in my kop
My lyf is lekker lui en die more son is op
Ek leef, ek leef
Nuwe suurstof in my longe, in my hart ‘n nuwe lied
Elke more nuwe blomme wat sal hierdie dag my bied, ek leef
Ja ek leef
En ek sien en ek weet dit is waar dit is eg
Die dae van lewe skuif aan en dis reg
- Halleluja
Aan U Skepper Heer
Bring ons die eer
Oral U werke
Elke boom en blom
Die maan en son
Besing Sy lof
Die berge, vlei en dal
Die reën wat val
- Kies Die Here
Kies die Here vir jou lewe
Kies die Here vir jou hart
Draai jou om en volg Sy spore
Loop Sy pad en vat Sy hand
Kies die Here vir jou lewe
Kies die Here elke dag
Waarom wil jy sinloos lewe?
Kies die Here nog vandag
- Kies Nou
Daar is ‘n ander kant
Waar jy kan leef of brand
Kies nou waar jy wil land, Afrika
Niemand kom na die Vader
As hy nie deur Jesus gaan
Hy is die Weg en die Waarheid
Hy bied die lewe aan
Apartheid is verby (So sê hul my)
- Wonder-God
As Hy Sy moue oprol is dit nie net spiere wys (Ons God is ‘n Wonder-God)
Daar is aksie in Sy voete en weerlig in Sy vuis (Ons God is ‘n Wonder-God)
Die reg het geseevier toe Hy optree teen die sonde, die duisternis moes wyk uit die paradys
Die bloed het gevloei as betaling uit Sy wonde want ons God is ‘n Wonder-God
Ons God is ‘n Wonder-God, Hy heers op Sy hemeltroon, Sy Seun het by ons kom woon, ons God is ‘n Wonder-God
Ons God is ‘n Wonder-God, Hy heers op Sy hemeltroon, Sy Seun het by ons kom woon, ons God is ‘n Wonder-God
En toe daar chaos was in die stilte van die nag (Ons God is ‘n Wonder-God)
Het Hy ‘n woord gesê en toe skielik was dit dag (Ons God is ‘n Wonder-God)